Newsletter August 2009
Augustus in Citrusdal beteken blomme tyd. Die blommetjies begin nou mooi hulle gesiggies wys op sonskyn dae. Ons groot baan lyk mooi, afgesien van die bietjie verspoelings maak die mooi blomme nou op daarvoor. Die rivier se water is steeds hoog maar daar is genoeg wit sand om jou mee besig te hou. Die afgelope tyd het ons as Quad Farm weer ‘n outride gaan doen saam met Quad Events in Moorreesburg, dit was ‘n heerlike dag buite in die veld en die weer het ook lekker saamgespeel.
Die afgelope tyd het ons as Quad Farm weer n outride gaan doen saam met Quad Events in Moorreesburg, dit was ‘n heerlike dag buite in die veld en die weer het ook lekker saamgespeel.
Still in Moorreesburg we joined Misverstanddam for our first teambuilding together. Citrusdal Quad Farm did all the activities while Misverstand was the venue for accommodation, conference and meals. It was a success and we will be working together in the future with more teambuildings for the corporate world. Thank you Carin and her team for working with us!
Still to come will be the Flower Run during August, the flowers are beautiful at the moment and it wil be the most stunning scenery ride to do. Quad Events will keep you up to date with that one. Keep in mind 29 August and we will see you there.
Dan vir die vraag wat almal ons vra, WANNEER TREK JULLE !! Meeste van ons gereelde kliënte weet reeds dat ons van “venue” gaan skuif. Bietjie meer inligting hieroor is dat ons steeds ons besigheid bedryf van ons ou venue waar ons tans is tot 5 Oktober 2009. Na hierdie datum sal ons begin pak om te trek. Ons gaan steeds uit Citrusdal werk maar so 10 km nader aan die Kaap as wat ons tans is. Ons sal wees Citrusdal Quad Farm @ Kardoesie. Ons akkommodasie daar sal ook bestaan uit kampplekke op gras met kragpunte en n asemrowende uitsig vanuit die Piekenierskloof. Daar sal wel weer n gastehuis wees wat tot en met 10 mense sal kan akkommodeer. Ons sal ook n bietjie meer uitbrei op spanboue aangesien ons by die nuwe venue ‘n konferensiefasilteit beskikbaar het.Daar sal sal ook n afgemerkte baan wees vir mense met hul eie quads, ‘n “kiddies track”, paintball en dan kyk ons ook na staproetes en die 4×4 entosiaste sal ook bietjie aftrek begin kry. Die “guided” roetes en natuurlik die “Wild Africa Cream Sunset Ride” sal steeds aangebied word.Sodra alles in plek is sal ons almal weer op hoogte bring van verwikkelinge en sal ons bietjie foto’s vir julle wys. En ja, ons sal iets soortgelyks soos die Melkstal daar hê, ons werk hard aan al ons gedagtes en borge, so die van julle wat wil help laat weet ons.
Verder het ons alweer n heerlike langnaweek agter die rug, hopelik het almal lekker uitgerus en is reg vir die res van die kwartaal. Ek dink die skoolvakansie is ook nie ver nie en beloof ook om ‘n lekker tyd op die Quadfarm te wees.
Die Country House wat ons op die dorp het sal ook weer in besigheid wees vanaf September, dit is die 4 slaapkamer gastehuis vir die mense wat nie altyd so lus het vir die plaaslewe nie. Gedurende Augustus het ons ook nog plek in die Club House op die plaas, e-pos ons enige tyd met navrae en laat weet of julle dalk nog n booking of 2 wil maak. Die huis op die plaas slaap 13 mense en die huis op die dorp slaap 8 mense.
Ons gesels weer volgende maand, geniet die laaste winter sonnetjie voor ons die Lente aanpak.
Quad farm groete,
Elizma & Sanine.
Piekenierskloof Bo-bergvlei Flowerrun Pics
Go visit our new gallery for the Piekenierskloof Bo-bergvlei Flowerrun which took place on 29 Augustu 2009.
Danie du Toit
Dear QBET and Sanine and Elizma. A big thumbs up for the excellent event you put together this past weekend. To the course designer, wow, what a great scenic route, and thanks for the great red challenges, we thoroughly enjoyed it, even if some of us got stuck more than once! The camping facilities at the Citrusdal Quadfarm was great, and we will definitely be back again! Thanks again to all for the great outride weekend! Keep up the great work, and we hope to see you at the next one! Regards, Danie du Toit. Branch Manager
Newsletter July 2009
Weereens bewys die winter hom op sy beste, nat, koud en modder. Die Quad Farm het darem nog nie verspoel nie alhoewel ons al baie water gekry het is alles darem nog staande. Die grootbaan teen die rivier het miskien so paar nuwe paadjies as gevolg van die water wat altyd magtiger is as die baan self. “Always a new challenge” . Die “kiddies track” se 50cc quads sal dalk nou bietjie sukkel deur die water maar verder geniet almal om n slag “dust free” te ry.
In the meantime Citrusdal Quad Farm took part in the family outride with Quad Events in Redelinghuys. We all enjoyed the ride and it was nice seeing some of our clients also on the ride. It was a cold ride but luckily without any rain and the hotdogs halfway was the best, thanx!
During the longweekend in June we had a couple of good clients visiting us in wintertime. No matter if it rain or the sun shines they visit us once a month, sometimes more. We all went out on a Sunday scenery ride that ended in a mud wrestling, quad ride something……………. All of us felt like 6 year old’s again. After the weekend the washing machines was tested to se how good they really are.
Ons het weereens ‘n “cocktail” aand gehad, dit bly maar ‘n wenner ! Dankie aan Cornel en Lisa wat vir ons meeste van die Cocktails gemaak het, al die ander wat gehelp het, ook baie dankie en natuurlik die wat die cocktails gedrink het moet ‘n spesiale dankie kry want dit is hulle wat die volgende oggend met die nagevolge sit………….
Die Piketberg Gee Gas Fun Ride was ook hierdie jaar sonder reën, dit was n lekker roete maar baie modder. Ongeveer 175 mense het gery en die modder trotseer. Die nat paaie maak dat daar baie opwinding op so n roete is en almal helpmekaar waar daar vasgesit word. Dankie aan die organiseerders weereens vir n lekker uitry.
Julie maand is maar altyd stil op die Quad Farm, ons is oop en die wat lus het om te ry kom maak gerus n draai. Ons sal op Moorreesburg wees vir die 18 Julie ride saam met Quad Events. Op alle rides neem ons gereeld foto’s waar ons kan, dit word gelaai op ons “face book” profiel. Vir die wat meer foto’s wil sien as op die nuusbrief kan gerus die face book era “join”. Ons is ook besig om aan ons website te werk, wees net geduldig ons sal een van die dae klaar wees daarmee.!
Dankie vir almal se ondersteuning by ons op Citrusdal Quad Farm.
Quad groete,
Elizma & Sanine