Newsletter August 2009
Augustus in Citrusdal beteken blomme tyd. Die blommetjies begin nou mooi hulle gesiggies wys op sonskyn dae. Ons groot baan lyk mooi, afgesien van die bietjie verspoelings maak die mooi blomme nou op daarvoor. Die rivier se water is steeds hoog maar daar is genoeg wit sand om jou mee besig te hou. Die afgelope tyd het ons as Quad Farm weer ‘n outride gaan doen saam met Quad Events in Moorreesburg, dit was ‘n heerlike dag buite in die veld en die weer het ook lekker saamgespeel.
Die afgelope tyd het ons as Quad Farm weer n outride gaan doen saam met Quad Events in Moorreesburg, dit was ‘n heerlike dag buite in die veld en die weer het ook lekker saamgespeel.
Still in Moorreesburg we joined Misverstanddam for our first teambuilding together. Citrusdal Quad Farm did all the activities while Misverstand was the venue for accommodation, conference and meals. It was a success and we will be working together in the future with more teambuildings for the corporate world. Thank you Carin and her team for working with us!
Still to come will be the Flower Run during August, the flowers are beautiful at the moment and it wil be the most stunning scenery ride to do. Quad Events will keep you up to date with that one. Keep in mind 29 August and we will see you there.
Dan vir die vraag wat almal ons vra, WANNEER TREK JULLE !! Meeste van ons gereelde kliënte weet reeds dat ons van “venue” gaan skuif. Bietjie meer inligting hieroor is dat ons steeds ons besigheid bedryf van ons ou venue waar ons tans is tot 5 Oktober 2009. Na hierdie datum sal ons begin pak om te trek. Ons gaan steeds uit Citrusdal werk maar so 10 km nader aan die Kaap as wat ons tans is. Ons sal wees Citrusdal Quad Farm @ Kardoesie. Ons akkommodasie daar sal ook bestaan uit kampplekke op gras met kragpunte en n asemrowende uitsig vanuit die Piekenierskloof. Daar sal wel weer n gastehuis wees wat tot en met 10 mense sal kan akkommodeer. Ons sal ook n bietjie meer uitbrei op spanboue aangesien ons by die nuwe venue ‘n konferensiefasilteit beskikbaar het.Daar sal sal ook n afgemerkte baan wees vir mense met hul eie quads, ‘n “kiddies track”, paintball en dan kyk ons ook na staproetes en die 4×4 entosiaste sal ook bietjie aftrek begin kry. Die “guided” roetes en natuurlik die “Wild Africa Cream Sunset Ride” sal steeds aangebied word.Sodra alles in plek is sal ons almal weer op hoogte bring van verwikkelinge en sal ons bietjie foto’s vir julle wys. En ja, ons sal iets soortgelyks soos die Melkstal daar hê, ons werk hard aan al ons gedagtes en borge, so die van julle wat wil help laat weet ons.
Verder het ons alweer n heerlike langnaweek agter die rug, hopelik het almal lekker uitgerus en is reg vir die res van die kwartaal. Ek dink die skoolvakansie is ook nie ver nie en beloof ook om ‘n lekker tyd op die Quadfarm te wees.
Die Country House wat ons op die dorp het sal ook weer in besigheid wees vanaf September, dit is die 4 slaapkamer gastehuis vir die mense wat nie altyd so lus het vir die plaaslewe nie. Gedurende Augustus het ons ook nog plek in die Club House op die plaas, e-pos ons enige tyd met navrae en laat weet of julle dalk nog n booking of 2 wil maak. Die huis op die plaas slaap 13 mense en die huis op die dorp slaap 8 mense.
Ons gesels weer volgende maand, geniet die laaste winter sonnetjie voor ons die Lente aanpak.
Quad farm groete,
Elizma & Sanine.
creditevrobroker-551…
Замечательный сайт по софту на PHP http:// softing.do.am/ на отлично профессиональном уровне…
freyyz-761…
Очень хороший сайт по путешествям в Африке http://africtravel.info/, найдете там много полезного видео
…